|
|
|
|
|
 |
Eet Reg Vir Fietsry-Energie
|
 |
SOME GOOD ADVICE FROM
Al ooit gewonder hoe jou liggaam jou help om fiets te ry?
Jou bene verskaf meeste van die krag nodig om 'n fiets te trap. Die spiere in jou bene ontvang boodskappe van die brein. Dit maak dat hulle saamtrek, wat die trap-aksie veroorsaak. Die spiere aan in jou bo- en skeenbeen werk die hardste.
Onthou, die liggaam is 'n masjien, nes jou fiets. Dis belangrik om reg te eet sodat jou spiere genoeg energie het om fiets te trap. Teresa del Fabbro, Pick n Pay se dieetkundige, gee die volgende advies:
- Eet altyd ontbyt voor jy soggens skool toe gaan. Jou liggaam het nuwe energie vir die nuwe dag nodig.
- Eet elke dag suiwelprodukte – melk, yogurt en kaas help om sterk bene te bou.
- Neem elke dag middagete skool toe. Pak 'n toebroodjie, vrugte, yogurt en water in jou kosblik.
- Eet genoeg vrugte en groente elke dag.
- Drink baie water.
|
|
|